‘Swak gedrag’ lei tot stewige boete

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man se “swak gedrag” op 7 Januarie om 06:00 het nie net inwoners van Seekoeistraat in Marloth Park, Mpumalanga met ‘n geraas wakker gemaak nie, maar hom ook ‘n stewige boete op die hals gehaal.

‘n Plasing van die insident is deur Danniene Fritz, op die Ons Onderberg Faceboek-blad gedeel, wat afkomstig is van ‘n plasing van Marinda Schouwstra wat geskryf het dit is van die Marloth Park Noise Blacklist Group.

In die plasing is misnoeë tye kenne gegee nadat ‘n manspersoon van Noordwes sy bakkie in die straat parkeer en sy musiek kliphard aangesit het. Volgens die plasing het dit inwoners in die gewilde rustige Marlothpark wakker gemaak en sou boonop die oorsaak wees dat wilde diere weggejaag word. Wilde diere beweeg vrylik in Marlothpark en hierdie tipe gedrag is teen die reëls en regulasies.

Volgens die plasing het ‘n ouer persoon vir die man gevra om sy musiek sagter te sit.

Die man, wat sonder ‘n hemp, in ‘n swart sweetpakbroek en plakkies geklee was, het eerder verkies om ongeskik op die billike versoek te reageer, het, sy broek afgetrek en sy sitvlak aan die ouer man ten toon gestel.

Die ouer manspersoon het foto’s van sy reaksie geneem en aangestuur na ‘n inwoner, genaamd Jan Koekemoer, wat dit op Marloth Park – Paradise on Earth Facebook-blad (geslote) geplaas het.

Volgens Schouwstra se plasing is die oortreder deur die GPF, sekuriteit en polisie aangekeer.

Die naam van die ouer persoon is aan FiND iT bekend.

Die insident is aan Marloth Park GPF gerapporteer waarna ‘n Nkomazi- munisipale wetstoepasser die man gesoek het.

Lowvelder Laevelder berig dat die man ‘n R10 000 boete ontvang het en was vir die res van die dag en die volgende oggend uit die betrokke area verbied.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.