Soektog na mans en boot gister geloods

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Soektog is gister geloods na drie mans en hul ski-boot, vanaf die Tugela Mond-strand-area, nadat hulle nie volgens plan gestrand het nie.

IPSS Medical Searh and Rescue sê die skiboot het ongeveer een tot twee seemyle van die land af probleme ondervind.

Mandini-lewensredders het ‘n soektog in samewerking met IPSS Search and Rescue en die NSRI van Ballito en Durban geloods.

Volgens inligting van familie het hulle kontak met die mans gehad en was hulle veronderstel om 11:40 aan land te gaan, wat toe nie gebeur het nie.

Die boot is tydens die soektog gekry, maar daar was geen teken van die drie mans binne-in nie.

Die soektog het voortgeduur. Hulle is later gevind en het gesê ‘n brander het hulle van die boot geskiet. Hulle het besluit om strand toe te swem nadat hulle ongeveer drie en ‘n halwe uur in die seewater deurgebring het.

Hulle het geen beserings opgedoen nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.