Die neef van die Black Lives Matter se mede-stigter, Patrisse Cullors, is ure na hy deur die polisie met ‘n skokstok geskok en platgedruk is, in die hospitaal oorlede.
Keenan Anderson (31) was betrokke in ’n tref-en-trap-ongeluk en het vir die polisie probeer weghardloop. Hy is gevang, maar het die arrestasie teengestaan en is volgens beeldmateriaal verskeie kere met ‘n skokstok geskok en platgedruk.
In ’n stadium smeek hy op beeld om hulp en sê: “Hulle probeer my George Floyd”.
Alhoewel Anderson kokaïen en dagga in sy bloedstroom gehad het, is die oorsaak van sy dood onbekend.
Patrisse Cullors en ander het gesê die polisiehoof van Los Angeles moet bedank.
Bronne: BBC, NY Post, Fox News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Jeffrey Dahmer-slagoffer se ma praat oor Evan Peters se Golden Globe



