Ligte mediese vliegtuig en bemanning in oseaan gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die vermiste Hawaii Life Flight N13GZ ligte vliegtuig wat vir mediese vervoer gebruik is, het op 15 Desember in die oseaan naby Maui, Kaupo, Hawai, geval nadat dit vanaf Kahului-lughawe opgestyg het. Hulle was onderweg na die Waimea-Kohala-lughawe op die eiland Hawaii om ‘n pasiënt te gaan haal.

Brian Treptow, die vlieënier, Courtney Parry, vlugverpleegster en Gabriel Camacho, die paramedikus, het gesterf toe die vliegtuig in die oseaan neergestort het.

Die vliegtuig is Maandagoggend 9 Januarie 2023 om 05:30 op ‘n diepte van 6,420 voet gevind, wat ongeveer 1,200 voet suid is van die laaste punt waar data van die vliegtuig af ontvang is.

Die liggame van die bemanning en die grootste deel van die wrak is Dinsdag herwin.

The Raytheon Aircraft Company se C90A ligte vliegtuig se stemopnemer, kajuitbeeldopnemer en ander elektroniese komponente sal na die NTSB-laboratorium in Washington DC geneem word.

Die wrak sal na ‘n veilige area in Hawaii vervoer word vir verdere ondersoek.

Die NTSB het in ‘n verklaring gesê hulle verwag om die ondersoek na die ongeluk binne twee jaar te voltooi.

Bron: The Honolulu Star-Advertiser, Maui 24/7 en Hawaii News Now

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.