Wouter Wessels, VF Plus-LP, sê dit is verstommend en onaanvaarbaar dat president Cyril Ramaphosa meen die afskryf van agterstallige kragrekeninge in Soweto moet oorweeg word.
Indien die huidige agterstallige skuld van nagenoeg R5 miljard wel afgeskryf word, sal dit die soveelste afskryf van Soweto se skuld wees. Sedert 2003 is R17.3 miljard se skuld van Soweto afgeskryf.



