EFF-lid Thobile Skhosana (26) glo ontvoer, verkrag en toe vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Thobile Skhosana (26), ’n EFF-lid in Limpopo en Unisa-student, se liggaam is Donderdag in ’n rivier by Khathazweni gekry. 

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê ’n 40-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die ontvoering en moord op Skhosana.

Haar liggaam is in ’n reeds gevorderde toestand van ontbinding gekry. Sy het na bewering ongeveer 14:00 op 31 Desember vermis geraak. 

Sy is op 8 Januarie, 2023, in Matsitsi Village, Elias Motsoaledi, begrawe en haar kis is deur EFF-lede gedra. Luidens ‘n verklaring van die EFF is Skhosana eers verkrag en toe vermoor. Sien die volledige verklaring hieronder.

Die verdagte sal na verwagting môre in die Nebo-landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en moord.