’n Vrou wat ’n huurmoordenaar aangestel het om ’n tradisionele geneser te vermoor oor ’n dispuut oor grond is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Duduzile Philisiwe Gumbi en die huurmoordenaar, Ngcebo Sheperd Khuzwayo is skuldig bevind aan die moord op Zandile Zondo in 2017. Hulle is albei gevonnis tot lewenslange tronkstraf.
Volgens die NPA het Gumbi en Zondo ’n argument gehad oor land en Gumbi het besluit om Zondo dood te maak.
Sy het Khuzwayo toe aangestel, wat hulp van Fisokuhle Mfeka gevra het om die moord in Februarie 2017 in die Gingindlovu-omgewing uit te voer.
“Op die dag van die voorval het albei mans hulself met ‘n vuurwapen bewapen en na Zondo se huis gegaan, onder die voorwendsel om ‘n konsultasie te kry,” het Natasha Kara, NVG se provinsiale woordvoerder, gesê.
“Toe hy alleen saam met Zondo was, het Mfeka haar doodgeskiet. Die mans het daarna uit die gebied gevlug. Gumbi het later vir Khuzwayo ’n bedrag geld betaal. Hulle is ’n paar weke later in hegtenis geneem.”
Volgens die NVG het Mfeka voor die aanvang van die verhoor geestessiek geword en is hy tot staatspasiënt verklaar.
Benewens lewenslange tronkstraf is Khuzwayo tot ‘n verdere twee jaar en ses maande gevangenisstraf gevonnis vir die besit van ‘n vuurwapen sonder ‘n lisensie.
Bronne: IOL, African News Agency
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Rowers teiken vulstasie



