Twee mans doodgeskiet in Durban CBD

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie is op soek na twee verdagtes wat Dinsdagmiddag twee mans in die Durbanse middestad doodgeskiet het.

Darryl Manickum en Tyron Pillay was in ’n blou Hyundai i10 toe hulle deur die verdagtes geskiet is. Hulle is op die toneel oorlede. Die verdagtes het glo in ’n grys Toyota Avanza gevlug.

Die motief vir die moorde is nog onbekend.

Bronne: IOL, Bereamail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Vrou en huurmoordenaar gevonnis vir moord op tradisionele geneser