Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en sou vandag 52 jaar oud gewees het.
Hy het sy debuutalbum Vreemde Stad, wat meer as 150 000 kopieë verkoop het, in 2000 vrygestel
Dit is opgevolg met net sulke suksesvolle albums soos Tjailatyd, Seisoen, Kouevuur (huldeblyk aan Koos du Plessis), Tribute to the Poets en ander. Hy het sy loopbaan as gevolg van siekte vroeg afgesluit met die album Kouevuur.
Van sy treffers sluit in Beautiful in Beaufort-Wes (van Gert Vlok Nel) , Sal Jy Bly, Namibsroos, Soos Bloed en vele ander.
Hy was as akteur in die Afrikaanse film Jakhalsdans, waarin hy teenoor sangeres Elizma Theron gespeel het, te sien.
Deur sy sangloopbaan het hy saam met ander gewilde sangers soos Juanita du Plessis, Dr. Victor and the Rasta Rebels en Elvis Blue musiek opgeneem.
Die sanger, wat eens ‘n jong offissier in die SANW was en in kroeë gesing het totdat hy ‘n geliefde huishoudelike naam geword het, is op 17 November 2021 op 50-jarige ouderdom aan leukemie (bloedkanker) oorlede.
Op 25 Maart 2023 vind ‘n huldeblykkonsert, Theuns Jordaan Tribute-konsert op Loftus Versfeld plaas, waar groot name in die musiekbedruf hulde gaan bring aan hul sangersvriend.
Watter van Theuns se liedjies is jou gunstelinge?
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



