WhatsApp het nog nuwe veranderinge aan hulle platform aangekondig wat teen die einde van Februarie geïmplementeer sal word.
Ses van die veranderinge wat verwag kan word in die volgende paar weke sluit in:
- Migrasie: “Chats” sal makliker van een toestel na ’n nuwe toestel oorgedra kan word.
- Rapporteer van status: WhatsApp werk glo aan die vermoë om statusopdaterings aan die modereringspan te rapporteer om die veiligheid van beide die platform en sy gebruikers te handhaaf
- Proxy: WhatsApp laat gebruikers toe om aan die diens te koppel deur ‘n instaanbediener te gebruik. Dis ‘n alternatiewe manier om aan WhatsApp te koppel wanneer dit deur regeringsensuur geblokkeer word.
- Boekmerke: WhatsApp werk daaraan om ‘n boekmerkikoon bekend te stel vir verdwynende boodskappe wat gebruikers sal help om belangrike boodskappe of boodskappe wat voorheen gestoor is, te vind.
- Privaatheidsoorsig: WhatsApp gaan sy gebruikers herinner wanneer kontaklyste verander, wat gebruikers in staat sal stel om privaatheidinstellings te hersien om nuwe kontakte te verhoed om inligting op die platform te sien.
- Voorkom opname van video-oproepe: Met gebruikersprivaatheid aan die toeneem, stel WABetaInfo voor dat WhatsApp-gebruikers binnekort vir ekstra privaatheid die vermoë kan hê om te verhoed dat video-oproepe opgeneem word.
Bronne: IOL, BusinessTech
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Man glo doodgeskiet deur rylopers op pad na lughawe



