Gauteng-motoriste wat hulle e-tol-rekeninge betaal het, sal hulle geld terugkry, volgens die Gautengse premier, Panyaza Lesufi.
Dit is onduidelik hoe die minstens R6.9 biljoen aan die motoriste uitbetaal sal word, maar dit is onder bespreking. Die terugbetaling kan wees in die vorm van brandstofkortings of afslag op rybewysskyfies.
Lesufi en die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in Oktober verlede jaar ‘n nuwe finansieringsmeganisme aangekondig vir die Gautengse snelwegopgraderingskuld om e-tol te vervang.
Lesufi het egter in Desember gesê daar sal vertragings wees om e-tolstelsel te skrap.
“Weens die behoefte om sleutelkomponente van die MOU tussen die nasionale regering en die provinsiale regering te finaliseer, sal die saak in die nuwe jaar, 2023, afgehandel word.
“Dit beteken dat die beplande deaktivering van die skema nie teen 31 Desember plaasgevind het nie,” het Lesufi gesê.
Hy het egter Gautengse inwoners gerusgestel dat “daar geen keer is daaraan om weg te doen met e-tol nie”.
Lesufi het gesê die kennisgewing om die e-tol te skrap, sal in die koerant gepubliseer word met die afskakeling wat 14 dae ná die vrystelling van die koerant, wat deur die departement van vervoer vrygestel sal word, plaasvind.
Bronne: Saturday Star, Times LIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Beurtkrag duur voort



