Ester Zeeman, die ma van Luschka Taljaard wat saam met haar seun Daniel, Donderdag 5 Januarie om 10:00 vermis geraak het uit Hendrina in Mpumalanga en Vrydagaand 6 Januarie om 22:00 in die middestad van Pretoria-Sentraal by ‘n vulstsasie gevind is, vanwaar sy haar man gekontak het, het vanoggend ‘n boodskap op sosiale media geplaas.
Ester was ook die eerste wat die plasing oor die vermiste persoon gemaak het om haar dogter en kleinseun te probeer opspoor.
Nadat die getraumatiseerde ma en seun opgespoor is, is hulle na die UNITAS Netcare 911-hospitaal geneem. Hulle is met hul familie herenig.
Lees die boodskap hier:
Ek wil vanoggend kom, met ‘n gebreekte hart ‘n moeder wat stukkend is, verward is en moedeloos voel. Ek wil dankie sê aan elke mens wat sy tyd en geld opgeoffer het om na Daniel en Luschka te soek, dit was die langste 48 uur wat ek moes deurbid in my lewe van 45 jaar, daar is baie gerugte en valse inligting wat deurgegee is en ek gee glad nie om wie wat te sê het nie ek wil vir jou wat haat en nyd saai sê mag dit nooit met jou kind gebeur nie of n famielielid van jou nie, as julle mense maar net kon sien waarop ek en Dino moes afkom sou julle ‘n ander gevolgtrekking maak, my kind op ‘n bondeltjie op die vloer.
Sy kan nie praat nie, sy is bang verboureerd verwilderd angswekkend….en gebreek.
Daniel is onder hulle omstandighede ok hy is maar net n ou seuntjie onbewus van die wrede wêreld daar buite.
Ons is totaal in die duister en weet nog niks van wat gebeur het nie, en my gevoel rondom als dink ek dit gaan nog maande neem om tot verhaal te kom. ‘n Gewone oggend het in n nagmerie ontaard.
Die gebeure speel oor en oor in my kop ,ek probeer sin maak van waar het ek as ma iets gemis…ek en Dino is moeg, geestelik uitgeput…ons het nie krag en energie vir negatiewe kommentaar nie.
Ons kan net dankie sê aan Abba Vader dat hy ons kinders beskerm het en veilig terug huis toe laat kom het. Wanneer die tyd reg is en ons as ouers weet presies wat gebeur het sal ons n volledige berig laat opstel en almal wat voel ons skuld ‘n verduideliking in kennis stel.
Weereens dankie vir almal se ondersteuning, gebede, oproepe, WhattsApps, Facebook-boodskappe vir almal wat ons as familie respekteer, dit is ‘n riem onder ons hart om te weet dat ‘n Suid Afrikaner volk nog kan saam staan.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



