‘n Boomslang het gisteroggend brandbestryders van die Stad Kaapstad verras toe hy ‘n geleentheid saam met met hulle op hul brandweerwa gevat het.
Die spanne was gister in hul brandweerwa op pad terug na hul basis na hulle ‘n brand beveg het. Hulle het in West Coastweg gestop vir brandstof toe hulle ‘n interessante passasier opmerk.
JP Smith, interim adjunkleier van die DA in die Wes-Kaap, het die video op sosiale media gedeel en gesê die lede het ‘n vreemde swart-en-geel kleur by die brandslang opgemerk wat nie voorheen daar was nie. Dit is toe wat die slang opgemerk word.
Die slang is as ‘n manlike “boomslang” geïdentifiseer en daar word geglo dat hy op die brandweewa geklim het om aan die brand wat hule vroeër beveg het, te ontsnap.
Die hoog giftige slangspesie is deur ‘n gekwalifiseerde slanghanteerder gevang en sal in sy natuurlike habitat vrygelaat word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



