‘n Visserman het vroeër vanoggend by Tinley Manor-riviermond, KwaZulu-Natal, verdrink.
Volgens IPSS Medical Search and Rescue het ooggetuies op die toneel gesê die man het sy visvangnet uitgegooi toe hy onder die water verdwyn het.
IPSS Medical Search and Rescue is gekontak toe sy mede-vissermanne hom nie kon kry nie.
Saam met die polisie se honde-eenheid is die liggaam van die man gevind en aan owerhede oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



