Adriaan Vlok, oudminister wat SA in die apartheidsjare gedien het, is vanoggend in die ouderdom van 85 jaar oorlede.
Hy is op 11 Desember 1937 op Sutherland in die Kaap gebore.
Sarie van Niekerk van die Suid-Afrikaanse Polisie: Vroue Facebook-blad sê dat hy na ‘n kort siekbed in die Unitas-hospitaal in Pretoria oorlede is.
Hy was die minister van Wet en Orde van Desember 1986 tot Julie 1991 en die minister van korrektiewe dienste van Julie 1991 tot 1994. Hy het onder FW de Klerk en PW Botha gedien.
Hy is in 1999 deur die Waarheids-en-versoeningskommissie amnestie toegestaan vir misdade gedurende die apartheidsjare.
Hy word oorleef deur sy eggenote Antoinette, drie kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



