Kyk: Pretoria-Noord – twee toegangspaaie onder water

Deel hierdie storie / Share this story
Fotokrediet DA

Twee van Pretoria-Noord se togangspaaie is toe onder die water nadat Pretoria ‘n wolkbreuk gehad het.

Rachel de Beerstraat, wat uit die Wonderboompoort vanaf Paul Krugerstraat Pretoria-Noord se eerste ingang is en ‘n duikweg het, is heeltemal toe en in foto’s kan die voertuie wat net daar gelaat moes word, gesien word. Hierdie duikweg bly altyd ‘n probleem met baie reën. Nooddienste is teenwoordig.

President Steynstraat, wat Pretoria-Noord se tweede ingang vanaf die Paul Krugerstraat-verlenging uit die Wonderboompoort is en bo-oor ‘n brug gaan, het ook baie water wat oor die pad stroom en verkeer hoop op, aangesien daar ‘n verkeerslig aan die voet van die brug is net as jy bo-oor hom ry om Pretoria-Noord binne te gaan.

Die Apiesrivier is in volle vloed en motoriste word gemaan om versigtig te wees wanneer laagwaterbrûe genader word en indien water oor die brug gaan, ‘n alternatiewe roete te gebruik.

Pretoria-Moot word ook geraak.

Fotokrediet Pieter de Lange

Foto’s en video verskaf, Pieter de Lange, DA, Amandasig Action Group

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.