Luhan Smit (10) van George het gedurende die afgelope Kerstyd meer as ‘n ton honde- en katkos asook speelgoed en komberse ingesamel.
FiND iT het voorheen berig dat Luhain in Januarie 2022 altesaam 1.4 ton aan kos aan ODIN en die DBV kon oorhandig tydens sy vorige insameling.
Gedurende Desember 2022 het hy oor ‘n korter tydperk ingesamel en spesifiek vir ODIN (Oudtshoorn Dogs in Need).
Hierdie jongman se omgee en liefde vir diere het hom motiveer om hierdie omgeeprojek aan te pak.
Hy het sy insamelingsveldtog gedryf deur vrywillige donasies vir mense wat Kersliggies by sy huis in Ribbokstraat, gaan kyk het, te vra.
Die projek is op Oujaarsaand, soos wat sy beplanning was, voltooi.
Hy word ten volle deur sy ouers met die projek ondersteun.
Belinda Smit, sy ma, sê hulle sal die kos op 4 Januarie 2023 oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



