Die departement van minerale bronne en energie het motoriste ‘n laat Kersgeskenk gegee en prysverlagings vir beide petrol en diesel aangekondig.
Van Woensdag af sal die koste van 93- en 95- loodvrye petrol albei met R2,06 per liter daal.
Diesel daal met R2,68 en R2,08 per liter, afhangend van die graad.
Verligtingsparaffien se groothandelprys sal met R1,93 per liter daal.
Die departement sê die verlagings is gedryf deur die gemiddelde internasionale produkpryse vir hierdie brandstoftipes – wat gedurende die oorsigtydperk afgeneem het.
Bronne: IOL, SABC, ECR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Siya Kolisi verlaat Sharks vir Franse klub Racing 92



