Pous Benedictus se liggaam lê in staatsie in St Petrus

Deel hierdie storie / Share this story

Daar word verwag dat duisende mense hul respek sal betoon aan voormalige pous Benedictus XVI, terwyl die ontslape geestelike se liggaam vir ’n tydperk  in staatsie sal lê voor sy begrafnis Donderdag.

Benedictus se liggaam is Sondag in ‘n kapel van die Vatikaan-klooster waar hy gewoon het, vertoon, maar is nou in die St Petrus-basilika vir diegene wat persoonlik hulde aan hom wil bring.

Die huidige pous Franciskus I word deur sy eie gesondheidsprobleme in die gesig gestaar, wat die vraag laat ontstaan of hy in sy voorganger se voetspore kan volg en vroeg aftree.

Benedictus se begrafnis sal op St Petrus-plein gehou word en sal ‘n eenvoudige seremonie wees in ooreenstemming met sy wense.

Bronne: Euronews, CNN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Petrolprys daal Woensdag 4 Januarie