Renier Kruger (26) van Umtentweni in KwaZulu-Natal wat Vrydagoggend deur ‘n swarttiphaai gebyt is, herstel goed na ‘n operasie aan sy hand.
Die insident het gebeur tydens ‘n beplande aasduik.
Die duik het plaasgevind naby Shelly Beach en Rudi Prinsloo van Mi7 Ambulansdiens sê hulle het op die strand gewag vir ‘n boot om Kruger in te bring, waarna hulle dadelik sy regterhand waarvan die senings en senuwees ernstig beseer was, behandel het.
Aanvanklik het dit volgens Kruger baie goed gegaan met twee bulhaaie om die aasbal.
“Smiley,” die residensiële swarttiphaai, het ook nadergekom en ongeveer 30 minute in die duik in het sy van agter gekom en hom aan die regterhand gebyt.
Alicia Leonhard, sy meisie, wat saam met hom was, het hom dadelik versorg en op ‘n boot gekry, waarna hy na die Hibiscus- privaat hospitaal geneem is.
Hy was ongeveer vyf uur in die teater vir ‘n operasie, wat ‘n sukses was.
Hy het almal bedank wat gehelp het om hom by die hospitaal te kry vir mediese hulp. Kruger noem dat hy op geen manier roekeloos opgetree het tydens die duik nie.
Bron: South Coast Herald
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



