Só gaan dit met Cayden wat malaria het

Deel hierdie storie / Share this story

Cayden Snyman (12) van Limpopo wat met malaria gediagnoseer is, is wakker en hy praat met sy ouers.

Dit is die goeie nuus, maar hy is steeds op suurstof en in die intensiewesorgeenheid.

Volgens sy ouers is hy emosioneel omdat hy nie alleen wil wees nie, maar hule gaan vandag met die dokter gesels om te hoor wat vorentoe moet gebeur.

Sy ouers spreek dankbaarheid uit vir al die gebede, dat hul seun soveel beter doen.

Cayden is in die hospitaal nadat hy met malaria gediagnoseer.

Hy het aanvanklike skade aan sy niere gehad en is daarvoor behandel terwyl ‘n CT-skandering geen skade aan sy brein gewys het nie. Hy het ook bloedoortappings ontvang.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.