Melissa Sloan (45) van Kidderminster in die Verenigde Koninkryk moes as gevolg van haar 800 tatoeërmerke na haar kind se konsert deur ‘n venster by die skool kyk.
Die ma van sewe het ook letsels waar haar vel afgeval het, omdat sy te haastig is om tatoes te laat aanbring en nie wag dat dit behoorlik gesond word nie.
Sloan het erken dat sy verslaaf is aan tatoeërmerke, maar ook dat dit haar baie laat mis. Sy was by haar kinders se skool weggewys en moes hul Kersfeesoptredes van buite af kyk. Onderwysers het haar gevra om eerder deur die vernster te kyk as wat hulle vir haar ‘n sitplek sou gee.
“My partner is going tonight to the kids’ fair as I can’t go there as I’m not wanted,” het sy gesê.
Sy is glo voorheen van ‘n kroeg verban, gespot by die skool en kan nie Kersfeespartytjies bywoon nie, maar het aangedui dat sy nooit sal ophou om tatoeërmerke te kry nie.
Bronne: The Advertiser en The Sun
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



