Jan-Hendrik Vos (21) van Pretoria-Noord is sedert 16 Desember vermis nadat hy met ‘n ambulans vervoer is.
Hy is die laaste keer gesien toe hy in ‘n straat inmekaargesak het en daarna in ‘n ambulans weggeneem is.
Sy familie het hom sedertdien nog glad nie weer gesien nie en was nie in staat om hom te bereik nie.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan hulle kontak maak met die volgende persone:
Pretoria-Noord-SAPD: 012 3535600
Missing Children South Africa: 072 647 7464
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



