Tiener (16) doodgeskiet vir selfoon

Deel hierdie storie / Share this story

Sanele Msibi (16), ‘n gr. 11-leerling van Musi High School, is vroegoggend op 26 Desember in Pimville, Soweto, doodgeskiet vir ‘n selfoon.

Woman For Change sê die tiener is na bewering glo twee keer in die kop geskiet waarna sy van haar selfoon beroof is.

Charles Musa Dlamini het op die Soweto Residents Facebook-blad geplaas dat Msibi glo saam met ‘n manlike persoon, wie se identiteit beskerm word, gestap het. Hy is met ‘n vuurwapen gedreig en beveel om te hardloop, maar sy het terugbaklei. Hy het glo weggehardloop waarna sy geskiet en beroof is.

Die saak word glo deur Kliptown-polisiestasie ondersoek.

Lt.kol. Mavela Masondo het die voorval bevestig en gesê sake van moord, poging tot moord en gewapende roof is geregistreer en polisie is op soek na die verdagtes.

Bron: Woman For Chane en Soweto Residents Facebook-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.