Cindy Natasha Rautenbach (42) van Pretoria-Noord is laas op 27 Desember in Dorandia in die noorde van Pretoria gesien, voordat sy vermis geraak het.
Sy bestuur ‘n silwer BMW 320i, registrasienommer DC 73 HT GP. Die laaste keer wat sy gesien is, was sy geklee in ‘n swart hemp, denim kortbroek en bruin plakkies. Sy is 1.63 m lank en weeg 54 kg. Sy het groen oë en swart skouerlengte hare met ‘n paar ligte strepies.
Enigiemang wat weet waar sy haar bevind, kan die volgende nommers skakel:
Pretoria Noord SAPD: 012 3535660
Missing Children South Africa 072 647 7464
Vermiste Persoon reg.nr. 06/12/2022
Voorvalleboek 1805/12/2022
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



