Altesaam 192 babas op Kersdag in die Wes-Kaap gebore

Deel hierdie storie / Share this story

 192 babas is op Kersdag in die Wes-Kaap gebore.

Sandra Maritz, woordvoerder van die departement van gesondheid en welstand, sê gesondheidsfasiliteite het gesê van die 192 babas wat gebore is, is 124 seuns en 68 meisies.

Twee stelle tweelinge is ook gebore, met die eerste stel tweelinge, twee meisies, gebore om 16:30 vir Elvina Amos by Tygerberg-hospitaal.

Groote Schuur-hospitaal se operasionele bestuurder, Fatoema Moos, het gesê daar was vreugde onder die kraamsaalsusters ondanks die besige nag. Geskenke is ook aan die mammas van die eerste babas wat by die hospitaal gebore is, oorhandig.

Bronne: Cape Argus, VN Explorer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Masels – wees op die uitkyk vir dié simptome