Suid-Afrikaners word aangemoedig om hul kinders teen masels te laat inent, aangesien die land ‘n uitbreking van die infeksie ervaar, wat hoofsaaklik kinders van 5-9 jaar raak.
Dit word maklik versprei deur ‘n besmette persoon se hoes, of deur items aan te raak wat deur spoegdruppels besmet is.
As jy swanger is, kan masels voortydige geboorte, lae geboortegewig en fetale dood veroorsaak.
Vroeë simptome van masels om voor op te let:
– Koors
– Loopneus
– Droë hoes
– Wit kolle in die mond
– Seer keel
– Jeukerige, plat rooi uitslag wat naby die ore begin en na die bors, maag en rug, arms en bene versprei
– ‘n Hoë koors (40 °C)
Die beste beskerming teen masels is die entstof.
As jou kind nie ingeënt is nie en jy sien enige van die bogenoemde simptome, gaan dadelik na ‘n kliniek.
Bronne: IOL, VN Explorer, Saffarazzi
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: NICD bevestig FS-masels het versprei na ander dele van SA



