Duisende passasiers wat Suid-Afrika se besigste lughawe gebruik, het Woensdag vlugvertragings ervaar omdat brandstofvoorraadtekorte OR Tambo- internasionale lughawe getref het.
Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (ACSA) het gesê die toevoer vanaf die brandstofbergingsfasiliteit na die hoofkraanstelsel is waar die uitdaging lê. ACSA het gesê dit het die hervulling van vliegtuie beïnvloed. Tegnici was op die perseel.
ACSA het gesê hulle ervaar vertragings met binnelandse sowel as internasionale vlugte.
Bronne: IOL, EWN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



