’n Russiese sakeman en wetgewer is die naweek dood gevind in ’n Indiese hotel.
Pavel Antov het volgens die Indiese polisie glo per ongeluk van ’n hotelterras afgeval. Dit is twee dae na ’n ander Russiese man, Wladimir Bidenov, glo dood is aan ’n hartaanval in dieselfde hotel.
Antov het die oorlog is Oekraïne gekritiseer en was ‘n bekende wetgewer in Wladimir, ’n stad oos van Moskou.
Russiese media het berig dat Antov Saterdag by ’n venster uitgeval het en dat dit lyk of dit ’n ongeluk was.
Bronne: DW – South Africa, CNN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Beurtkrag gaan voort die week, sê Eskom



