Seun (14) uit getypoel geruk deur brander, soektog duur voort

Deel hierdie storie / Share this story

’n Tragedie het Kersdag in Beachview in Gqeberha afgespeel toe ’n tiener deur ’n groot brander uit ‘n getypoel gespoel is.

’n Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, sê verskeie rolspelers is om 17:00 na die getypoel uitgeroep waar uitgebreide pogings aangewend is om hom op te spoor.

Hy sê die 14-jarige van Zimbabwe het saam met vriende in die getypoel geswem toe ‘n massiewe brander hom in die see ingetrek het waar hy onder die water verdwyn het.

Die NSRI het ook met die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA) kontak gemaak om te vra dat nabygeleë vaartuie op die uitkyk moet wees vir die kind. ’n Uitgebreide soektog is gedoen, maar daar was geen teken van die kind nie.

Polisieduikers het nou die soektog oorgeneem wat Maandag voortgeduur het.