Gedink jy het al verkeersknope beleef? China se grootste het amper twee weke geduur

Deel hierdie storie / Share this story

Gedink jy het al ooit in ‘n verkeersknoop vasgesit? Dink weer. ‘n Verkeersknoop in China het in 2010 vir amper twee weke geduur. Motoriste was letterlik vir dae lank in hulle motors vasgekeer.

Die China National Highway 110 verkeersknoop het op 13 Augustus 2010 begin en net aangehou en aangehou. Die verkeersknoop het letterlik duisende voertuie vir meer as 100 km stadiger laat ry en het vir 10 dae aangehou.

Bestuurders kon hul motorvoertuie slegs 1 km per dag laat beweeg en was vir ongeveer vyf dae in die verkeer vasgekeer.

Dit word deur sommige as die langste verkeersknoop ooit beskou wat amper vir twee weke geduur het.

Plaaslike inwoners wat naby aan die hoofweg was, het verskeie noodsaaklike items soos water, kitsnoedels en sigarette teen ‘n prys drie keer as normaalweg aan die gestrande motoriste verkoop. Verkopers op fietse het met hul goedere tussen die voertuie beweeg.

Teen die einde van Augustus 2010 is die verkeersknoop grootliks met behulp van owerhede opgelos.

Die oorsaak van die reuseverkeersknoop is aan oorlaaide vragmotors wat op pad was na Beijing toegeskryf.

Bronne: Wikipedia, AUTOJOSH en Dangerousroads

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.