Vermiste swanger paartjie dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Kiwiet Makangeni Mokoena (35) en Nokuiphila Dladla (22) wat op 14 Desember laas gesien was en as vermis aangemeld is nadat hulle nie vir werk opgedaag het nie, is dood gevind.

Die paar se dood is Saterdag 24 Desember in ‘n verklaring waarin die familie almal vir hul hulp bedank het, bevestig.

Sers. Gertrude Makhale, polisiewoordvoerder, sê die datum en oorsaak van die dood van die paartjie van wie die vrou hoog swanger was ten tyde van hul verdwyning moet nog bevestig word en word tans ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.