Die privaat speurder, Mike Bolhuis, is genader om te help soek na die vermiste 80-jarige Ulrike Koch van Pretoria. Koch het op 30 November weggeraak en is aanvanklik by die Akasia-polisiestasie as vermis aangemeld.
Die saak is intussen na ontvoering verander.
Volgens Missing Children South Africa is Koch op 30 November laas by The Orchards in Pretoria-Noord gewaar.
Haar regteroog is weens kanker verwyder en sy het ‘n groot litteken aan haar een arm.
Enigiemand met inligting kan die Akasia-polisie by 021 564 0700 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



