Die SAPD in die Oos-Kaap het ‘n geregtelike doodsondersoekdossier vir ondersoek geopen nadat drie meisies Saterdagaand 24 Desember 2022 in Hofmeyr in ‘n taverne gesterf het.
‘n Voorlopige verslag dui daarop dat die voorval by die plaaslike polisie aangemeld is nadat jongmense na bewering met ‘n onbekende middel in die taverne gespuit is. Hulle is na bewering op die toneel dood.
Die omstandighede, insluitend die oorsaak van die dood van die slagoffers, sal deel vorm van die ondersoek.
‘n Verdagte is in dié stadium nog nie geïdentifiseer nie.
Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisname van die verdagte verantwoordelik vir die voorval, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te bel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



