Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder in Gauteng, sê die polisie het notisie geneem van die video wat op sosiale media versprei word waarin drie mans uit ‘n voertuig spring by ‘n tolhek en dan ‘n roof of ‘n kaping uitvoer. Met verspreiding van die video is genoem dat dit by Nyl-plaza plaasgevind het.
Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris van polisie in Limpopo, het dadelik ondersoek laat instel.
Mojapelo kon bevestig dat die voorval nie by die Nyl-plaza, of enige ander tolhekke wat in Limpop-provinsie is, plaasgevind het nie. En geen stasie waar die vier tolhekke in die provinsie geleë is, het so ‘n insident rapporteer nie.
“Indien die slagoffer aanneembaar nog nie die insident gerapporteer het nie, is die strukturele omgewing in die video definitief nie Nyl-plaza nie.”
Genl. Hadebe sluit af en sê: “Die N1 is een van die besigste paaie deur die provinsie en saam met ander wetstoepassingsagentskappe is ontplooiings langs die besige roete, veral oor die feestyd, versterk. Beamptes wat by die tolhekke ontplooi is, kon nie so ‘n insident mis nie.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



