Anché Moore die “admin” van Boksburg Community Group het ongeveer agt uur gelede ‘n plasing op sosiale media gemaak waarin sy simpatie betuig en voorbidding vra vir ‘n familie waarvan vier kinders in gister se gastenkwa-ontploffing aan die dood afgestaan het.
Rosetta Brits, die ma van die kinders het ‘n onderhoud aan SABC News toegestaan, maar sy is te emosioneel geskok en kon nie veel praat nie. Drie van die oorledenes se sibbe het die ontploffing vrygespring.
Pixie Pink, Victim’s Advocate, dat ‘n ondernemer aangedui het om die vier kinders te begrawe. Sy waarsku ook dat mense bedag moet wees op scammers met fondsinsamelings vir die slagoffers.
“Fly High Angels.”
“This is devastating. My deepest condolences.”
“Gone but never forgotten.”
Na bewering was die vier kinders in die sorg van hul oupa. Hul ma het glo vyf maande gelede haar man aan die dood afgestaan.
“Please keep this family in your prayers.”
FiND iT het Moore vir verdere kommentaar gevra.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



