Minibus-taxi rol teen afgrond in Sani Pass – beseerdes opgehys

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Minibus-taxi het gister om ongeveer 12:30 op die Sani Pass-pad in KwaZulu-Natal die pad verlaat en teen ‘n 90 grade afgrond, 250 meter laer as die pad, afgerol en in ‘n rivierbed tot stilstand gekom.

UEMS (Underberg Emergency Medical Services) sê die ongeluk het ongeveer 2 km van die Sani Pass-grenspos plaasgevind.

Paramedici moes ‘n veilige manier vind om by die beseerdes uit te kom. Met aankoms by die voertuig is pasiënte getriage.

Twaalf insittendes van die taxi het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Drie is op die toneel dood verklaar en drie het gevorderde lewensondersteunende intervensie vereis.

Die Suidelike Drakensberg Berg Reddingseehneid moes gekontak word om te help om die beseerdes deur middel van ‘n hysersisteem teen die wal op te kry tot by ambulanse.

Al die beseerdes is vir verdere behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.