Deel asb. – Jeanine se dogter in trane op soek na haar

Deel hierdie storie / Share this story

Jeanine Swart (34) is laas Desember Fort Beaufort toe saam met ‘n vriend, genaamd Marius.

Swart se 13-jarige dogter is in haar oupa en ouma se pleegsorg en sy huil elke dag omdat sy die laaste maand nie met haar ma kontak het nie. Hulle praat gewoonlik twee keer ‘n maand met mekaar en tans is daar geen kontak nie.

Haar pa is oorlede toe sy sewe jaar oud was en sy huil omdat sy haar ma mis. Omdat hulle gereelde kontak gehad het, is dit ongewoon en is hulle bekommerd en emosioneel oor haar skielike afwesigheid.

Die familie het reeds met die polisie op Fort Beaufort kontak gemaak, wat hulle nie kon help nie, omdat hulle nie Marius se van het of oor ‘n adres beskik nie.

Enigiemand wat kontak met Jeanine het of weet waar sy is, word versoek om met haar ma Sanet van Jaarsveld by 068 295 6186 kontak te maak.

“Die aangehegte foto is ongeveer twee jaar oud en ek huil my oë uit omdat ons nie weet of sy okay is nie,” se haar ma Sanet.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.