Vroeër vandag het ‘n vrou geboorte gegee in ‘n inkopiesentrum in Sundumbili se badkamers en die pasgebore baba glo vermoor.
IPSS Medical Rescue het ‘n oproep ontvang van ‘n vrou wat in die openbare badkamers in die sentrum geboorte gegee het.
Met paramedici se aankoms by die inkopiesentrum het hulle ‘n vrou wat die liggaam van ‘n dooie baba vashou, gekry.
Dit is bevestig dat die vrou in die badkamers geboorte gegee het. Na bewering het sy daarna die baba gesteek met ‘n onbekende voorwerp, waarna die baba dood is.
Sundumbili-polisie het die toneel oorgeneem vir verdere ondersoek en die vrou is glo in hegtenis geneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



