
Twee kragopwekkers langs die Pick n Pay by Somerset Mall het laat laasnag aan die brand geslaan.
Jermaine Carelse, die woordvoerder van Cape Town Fire and Rescue, sê persone op die N2 het die brand gesien en alarm gemaak.
Brandbestryders het die brand, wat nie ver van Ingang Een af was nie, onder ‘n uur geblus.
Geen winkel of die inkopiesentrum is deur die voorval geraak nie.
Daar word vermoed dat ‘n elektriese fout veroorsaak het dat die toerusting aan die brand geslaan het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



