Aartappels is altyd ‘n wenner. Aartappelslaai, gebakte aartappels, gekookte aartappels, gevulde aartappels, noem maar op – aartappels bly altyd ‘n wenner.
Maar, het jy al ‘n aartappelbrood probeer?
Hierdie resep is vinnig en maklik en jy kan enige vulsel van jou keuse insit.
Bestanddele:
1 eier
500 ml (2 koppies) water
800 g (6 3/8 koppies) meel
2 eetlepels olyfolie
1 kg gekookte aartappels
50 g botter
½ t sout
½ t swartpeper
250 g kaas
140 g salamiskywe
140 g salamiskywe
Metode:
1. Meng eier met olyfolie, water, meel en sout in ‘n bak. Laat die deeg vir 10 minute rus.
2. Meng in ‘n ander bak gekookte aartappels met botter, sout en peper.
3. Verdeel die deeg in 4 stukke en rol dit uit, vul met voorbereide aartappels, kaas en salami.
4. Braai in die pan aan albei kante tot goudbruin, sowat 4-6 minute.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



