Boervrou benodig dringend hulp vir operasie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boervrou van Christiana benodig dringend finansiële hulp vir ‘n operasie.

Deidre Louw (36) het maande lank gesukkel met chroniese hoofpyn en gebrek aan visie. Vanaf April is sy deur haar huisdokter behandel vir “sinussimptome”, wat toe al die tyd ‘n gewas was. Sy was vir 15 doktersbesoeke voor die gewas gediagnoseer is.

Nadat haar simptome nie verbeter het nie, is sy na ‘n oogspesialis in Kimberley verwys.

‘n Opgeswelde senuwee is opgemerk en sy is vir magnestieseresonansiebeelding gestuur wat die gewas agter haar regteroog getoon het. Die gewas, wat so gou as moontlik moet verwyder word, kan nie met bestraling verwyder word nie.

Dis nie kwardaardig nie, maar beïnvloed mens se gehoor, balans en ander sintuie.

Burre Burger het Maandag ‘n Facebook-plasing gemaak waar hy verduidelik Deidre was vir ‘n doktersbesoek in Kimberley en is meegedeel dat sy vir ‘n noodoperasie moet gaan.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.