‘n Hawelose man is vermoedelik Sondag net na midderdag deur agt tienermeisies vermoor.
Die 59-jarige hawelose het op straat in Toronto, Kanada gebly toe hy doodgesteek is.
Volgens Reuters is die agt meisies almal naby die toneel in hegtenis geneem.
Drie van die meisies is 13 jaar oud, drie is 14 jaar oud en twee van die meisies is 16 jaar oud. Daar is ook op verskeie wapens beslag gelê.
Omstanders het die polisie ontbied nadat hulle op die man se liggaam afgekom het. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem, maar is later dood verklaar.
Die meisies, wat reeds in die hof verskyn het, bly in aanhouding.
Hulle sal weer op 29 Desember in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



