‘n 11-jarige seun van Hoopstad het Maandag verdrink toe hy in ‘n stroom se deurlaat beland het en verdrink het.
LC Roberts het glo Maandag by vriende gekuier toe die voorval gebeur het.
Volgens kapt. Stephen Roberts het die verdrinking omstreeks 17:40 op ‘n plaas buite Hoopstad plaasgevind. LC het glo onder die pad in ‘n leivoor beland.

“LC Roberts – 19 Desember 2022. Ons harte is gebreek! Jy was geliefd, LC. Jou maats, Hoopies-personeel en almal wat jou geken het, gaan jou mis,” skryf Hoërskool Hoopstad op hul Facebook-blad.
Sy troosdiens vind Donderdag om 10:00 in die NG kerk Hoopstad plaas.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



