Daar is ‘n beloning van R50 000 uitgeloof vir iemand wat inligting het oor die moord en wat kan lei tot ‘n inhegtenisneming nadat die sakeman, Kevin Soal, vermoor is.
Volgens Mike Bolhuis, privaatspeurder, duur die saak voort.
Soal is op 14 Desember ontvoer en gevange gehou. In dié tydperk is R35 000 uit sy bankrekening na ‘n ander een oorgeplaas.
Die sakeman van Midrand is twee keer in die kop geskiet.
Hy is die laaste keer lewend op 14 Desember naby die Grand Central-lughawe lewend gesien. Sy liggaam is dieselfde aand naby Olifantsfontein gevind
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



