Gedenkdiens vir Johan Groenewald

Deel hierdie storie / Share this story

Johan Groenewald (29), beter bekend as “Groenie” is Donderdag tragies oorlede in ‘n motorongeluk.

Johan het in 2012 gematrikuleer aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley.

Hy was verloof aan Jesica Bouwer.

‘n Gedenkdiens sal môre, 22 Desember 2022, om 12:00in Bloemfontein by die NG kerk Bainsvlei gehou word.

Medelye het intussen op Facebook ingestroom.

RIV. Kan nie glo dat jy weg is nie.

“Ek en Arno se harte is saam met die familie se harte seer. Daai 1ste dag wat ons jou leer ken het by Botlierskop. Jou woorde aan ons was as ek nie vinnig genoeg aandag gee nie. Gooi my met die peppperpot. Van daar af het jy die “bynaam by ons gekry as Mr Pepperpot”. Dankie vir jou vriendskap. Ons gaan jou mis,” skryf Gerda Greyling.

Johan se neef, Shaun Breytenbach skryf:

“Neef…Ek wil dit nie glo nie.. Ek weet ons het verby mekaar gelewe die laaste ruk maar al die kleintyd memories kom steeds op… Al die lekker swem, al ouma hul se roomys opeet dan kry jy altyd die skuld.Die baie pool speel en nonsense aanjaag. Nee man dit voel soo onwerklik.. Oom Johan… Marie…. Ek weet nie wat om te sê?? Sal enige woorde ooit die seer weg vat?? Ek kan net bid… Dit is al… Net bid.”

“Ai seun !! Woorde het ek nie vandag nie net trane in my oë,” sê Petra Els.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.