‘n Baba (16 maande) en ‘n ma het Woensdagoggend in ‘n brand in die buurt Kensington, Kaapstad, gesterf.
Volgens Jermaine Carelse, woordvoerder van die Kaapstad-metro se brand-en-reddingsdienste, het die brand omstreeks 02:50 in die informele nedersetting uitgebreek.
Die ma en seun was glo in die huis vasgekeer en branddienste het hulle na die toneel gehaas. Die 32-jarige vrou en haar baba is in die huis gevind. Hulle het doodgebrand.
Carelse sê brandspanne kon die brand eers om 04:30 geblus kry. Die oorsaak van die brand is onbekend.
Drie mense is weens die brand dakloos gelaat.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



