‘n Volwasse man en ‘n kleuterdogtertjie is dood en ‘n 24-jarige vrou is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat die gesin se voertuig vanmiddag op die N14 tussen Carletonville en Klerkskraal met ‘n vragmotor gebots het.
Volgens ER24 was paramedici net na 12:00 vandag op die toneel saam met plaaslike owerhede.
Die 24-jarige vrou het met kritieke beserings langs die voertuig gelê. Sy is op die toneel behandel voordat sy na die Carletonville- provinsiale hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die man en kleuter is op die toneel dood verklaar.
Die vragmotorbestuurder is glad nie tydens die ongeluk beseer nie.
Die polisie ondersoek die saak.



