Man en hoogswanger meisie in Vanderbijlpark vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Vanderbijlpark vra die gemeenskap se samewerking om ‘n vermiste paartjie op te spoor.

Volgens die polisie is Kiwiet Makangeni Mokoena (35) en Nokuphila Dladla (22) op 14 Desember laas deur ‘n familielid gesien.

Volgens die polisie se voorlopige verslag is Mokoena en sy hoogswanger meisie Dladla as vermis aangemeld toe sy nie by die werk opgedaag het nie. Die paartjie se voertuig is ook skoonveld.

Mokoena het ‘n roomkleurige kortbroek en ‘n swart en wit hoed aangehad.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 016 910 9101 of 082 822 6836 kontak.