Soektog na vermiste kleuter (2)

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Kleuter (2) het vanoggend om 07:00 in die Glendale-area, KwaZulu-Natal vermis geraak.

Verskeie soek en-reddingseenhede het sedertdien onverpoosd na hom gesoek wat die IPSS Medical Search and Rescue, CERT Emergeny Response Tongaat, SAPD, honde-eenheid en ander spanne insluit.

Budal Air het vanuit die lug steun gebied in die soektog na die kleuter. Plaaslike boere van die omgewing het aan die soektog deelgeneem en van hommeltuie gebruik gemaak om te help. Die soektog is vir die aand gestaak en sal op Dinsdag 20 Desember met eerste lig hervat word.

SAPD-speurders is op die toneel teenwoordig om die omstandighede van die kleuter se verdwyning te ondersoek.

Bron: IPSS Medical Rescue

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.